Hokkie

  “As jy ses keer val, staan sewe keer op!”

 By Emmie – Hokkie kweek ons jongmense met deursettingsvermoë. Ons pak die      bul met energie, ywer en entoesiasme by die horings.

Ons bied jaarliks klinieke aan, waar leerders hul vaardighede kan opskerp en werklik die spel kan geniet.

Mini-hokkie skop behoorlik in 2022 af. Graad 2 tot 4 leerders is baie welkom om saam te kom speel in die derde kwartaal. Die doel van mini hokkie is om leerders blootstelling te gee, koördinasie en vaardighede te ontwikkel op ‘n speel-speel manier.

Emmie- afrigters beskik oor SASHOC afrigtings kwalifikasie.

Ons neem deel aan die Superreeks en Noordwes liga.