Landloop
Wat is Landloop? Landloop is die sportsoort waaraan enige kind vanaf die ouderdom van agt jaar kan deelneem. By Laerskool M.L. Fick wil ons hardloop en oefening lekker maak. Ons glo vas dat ’n gesonde liggaam ’n gesonde gees huisves.
Oefentye is Maandae tot Donderdae vanaf 15h30-16h30. Oefening word juis later aangebied om leerders wat ander sportsoorste beoefen, ook kans te gee om die landloopoefeninge by te woon. Landloop vind in die tweede en derde skoolkwartale plaas. Meeste landloopligas (byeenkomste) vind op Saterdae plaas. Die byeenkomste vind plaas by skole wat ‘n geskikte perseel het vir so ’n byeenkoms. Van die landloopbyeenkomste word ook in Potchefstroom aangebied. Laerskool M.L. Fick se landloopatlete neem deel aan die ACNW liga-byeenkoms. Daar is geen beperking op die aantal landloop-atlete wat aan ligas mag deelneem nie.
Die ouderdomsgroepe en afstande is as volg:
Seuns en Dogters o/8: 1 km
Seuns en Dogters o/ 9 en o/ 10: 2km
Seuns en Dogters o/11 en o/ 12: 3 km
Dogters o/13: 3 km
Seuns o/13: 4 km
Die gesegde “ ’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees” is beslis waar. Ons moedig elke Emmie aan om by ons Landloop-oefengroep aan te sluit. Ons hoop om jou by die landloopoefeninge te sien. Kom probeer dit!