Junior- en Seniorkore
Die Seniorkoor bestaan uit ongeveer 80 leerlinge van Gr 4 tot Gr 7. Die Juniorkoor bestaan uit ongeveer 60 leerlinge van Gr 1 tot Gr 3. Die afrigster is mev. Paula Aucamp. Oudisies word in die eerste kwartaal van ‘n jaar afgelê. Die Seniorkoor oefen Maandag- en Woensdagmiddae direk na skool tot 14:30. Die Juniorkoor oefen Vrydagoggende gedurende skooltyd.
Die koorleidster maak ‘n keuse uit optredes vir die jaar. Die seniorkoor het al tweekeer deelgeneem aan Kyknet se “Sing in Harmonie”, waar hul in 2019 die derde plek behaal het tydens die Finaal.
Albei kore maak ook stemopnames vir die skoolkonsert.