Rugby
Emmies se rugby is die trots van die skool. Die hooffokus is om spelers holisties te ontwikkel, strukture in plek te stel, tradisies vas te lê en ’n liefde vir die sport te kweek.
Emmies is opgewonde oor die uitstekende sportstrukture wat in plek is. Leslie Jackson, oud-Springbok sewes-rugbyspeler, is onlangs as rugbyafrigter by Emmies en sportkoördineerder by Kekkel en Kraai kleuterskool aangestel. Emmies se sport is besig om nuwe en hoër hoogtes te bereik en ons is opgewonde oor die groei wat plaasvind.
‘n Paar lesse wat uit Emmie-rugby geleer kan word, is dat sukses sal volg wanneer die wedstryd met passie gespeel word. Werk altyd harder om meer as net jou doelwitte te bereik. Sukses word soms bepaal deur besluite wat op die moeilikste en kortste tyd moontlik geneem moet word.
Emmies gryp elke geleentheid aan om te verseker dat die leerders hulle volle potensiaal bereik. Juis daarom wil ons jou deel maak van ’n wenspan.
As Welpie- en o.8-rugbyspeler wil ons jou toerus met die nodige rugbyvaardighede en kennis om die res van jou rugbyloopbaan op te bou.
Emmies neem aan die volgende rugbygeleenthede deel:
- Noordwes-liga vir groot skole
- Emmies se 3 dag-aandreeks
- Groot skole Superreeks met 12 kompeterende skole uit Johannesburg, Vereeniging en Vanderbijlpark
- Jaarlikse rugbytoere
Die Emmie-rugbyhart klop sterker as ooit en daarom begin jou rugbytoekoms by Emmies!