Krieket
Mini-Krieket is vir seuns wat in Gr. 1 en 2 graag wil krieket speel. Ons oefen lekker hard en leer tegnieke aan, sodat die seuns ‘n liefde vir die sport kan ontwikkel.
Skole krieket
Emmies se sport is besig om nuwe en hoër hoogtes te bereik en ons is opgewonde oor die groei wat plaasvind. Laerskool M.L. Fick se 0/9 – 0/13 krieketspanne neem aan die volgende krieketgeleenthede deel:
- Noordwes liga vir groot skole
- Groot skole Superreeks met 12 kompeterende skole uit Johannesburg, Vereeniging en Vanderbijlpark
- Kriekettoere
Emmies spog ook met opgegradeerde krieketnette!
Ons is baie opgewonde om die seuns volgende jaar tydens die krieketseisoen in aksie te sien.