Tennis

Tennis by Emmies is terug en ons kan nie wag om ons kinders weer te sien speel nie. Tennis is ‘n sportsoort wat verskeie voordele inhou vir elke kind. Dit verbeter jou hand-oog-koördinasie, balans, fyn motoriese vaardighede gesamentlik met fisieke fiksheid. Leerders wat tennis speel vaar ook dikwels beter in hul spansporte omdat dit hul vermoë vir besluitneming verbeter.

Tennis is ‘n 3de kwartaal sport maar ons begin al oefen in die 2de kwartaal. Emmies bied ook klinieke aan waar ons bekwame tennis afrigters van buite kry om die leerders se tegniek en vaardighede te verbeter.

As jy wil tennis speel,is Emmies die plek om te wees.

Tennis groete