Skaak

Skaak is ‘n sportsoort wat fokus op intellektuele fiksheid, eerder as liggaamlike fiksheid.

Dit bevorder jou kreatiwiteit, verbeter jou geheue en ontwikkel albei kante van die brein.  Al die leerlinge van Graad 1 tot 7 wat belangstel om skaak te speel is welkom om elke Maandag saam te kom oefen in die Ou Saal.  Daar is goeie afrigting beskikbaar by die oefensessies.

Jy hoef nie die spel te ken nie, maar jy moet bereid wees om vinnig te leer.

Skaak word die hele jaar aangebied.  Laerskool M.L. Fick neem deel aan verskeie toernooie reg deur die jaar:

  • Sommige is individuele spelers in graderingstoernooie en ouderdomsgroepe.
  • Ons neem deel aan die Noordwes Skole liga.
  • Ons neem ook deel aan die Super Reeks.
  • Spelers kan ook kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe na ‘n suksesvolle seisoen.