Netbal
By Emmie-netbal leer ons nie net vaardighede aan nie, maar ook belangrike lewenslesse soos byvoorbeeld om lojaal te wees en in ‘n span saam te werk.
Ons is bevoorreg om met pragtige netbalbane en kundige afrigters te spog. Ons afrigters woon jaarliks reëlbesprekings en afrigtingskursusse by om tred te hou met die nuutste tendense. Ons glo dat ‘n ingeligte afrigter ‘n goeie netbalspeler kweek. Ons spanne word ook na afrigtingsklinieke geneem om hul vaardighede te verbeter en dit sommer net te geniet.
Ons mini-netbal is baie aktief besig. Hier poog ons om sommer vroeg al ‘n liefde vir die sport by ons dogters te kweek.
Ons gee ons spelers soveel as moontlik blootstelling. Tydens die voorseisoen speel ons op gereelde basis oefenwedstryde teen verskeie skole. Ons is deel van die Superreeks vir medium skole. Ons skool is die trotse aanbieders van ‘n aandreeks waar ons 0/9 tot 0/13-dogters deelneem.
Ons skool het ook jaarliks dogters wat in Noordwes spanne opgeneem word.
Oefentye:
Maandag, Dinsdag en Woensdag
Ouderdomme word in verskillende tydgleuwe ingedeel.