Opvoedkundige Toer en Gr 7 uitstappie
Opvoedkundige toer
Graad 6- en 7 leerders kry die geleentheid om voor die Oktober-vakansie deel te neem aan M.L. Fick se jaarlikse opvoedkundige toer.
Hierdie jaar toer ons leerders na KwaZulu-Natal. Onder andere word die volgende besoeke beplan: Die krokodilplaas en Maritime museum (waar ons die binnekant van ‘n oorlogskip ondersoek). Ons geniet ook ‘n bootrit in die hawe en die Natalse Haaieraad leer ons leerders hoe om ‘n vis te dissekteer. “Valley of a thousand hills” staan reg vir 120 Emmie-voete. En natuurlik word ‘n hele dag spandeer by “Ushaka Marine World”.
Die doel van ons opvoedkundige toere is om leerders blootstelling te gee en te leer van die seelewe, zoeloe-kultuur en tradisionele leefstyle.
Graad 7 uitstappie
Aan die einde van jaar gaan al die Graad 7-leerders op ‘n uitstappie na “Happy Island” om hul laerskoolloopbaan met pret en samehorigheid af te sluit.
Leerders geniet ‘n wye verskeidenheid van aktiwiteite daar en kuier heerlik vir oulaas as ‘n groep saam. Hierdie uitstappie is beslis ‘n hoogtepunt vir elke graad 7-leerder en -onderwyser.